Tuesday, March 06, 2007

Moenie Huh se nie.

Ek wens nogsteeds ek kan kappies maak. Maar nie op hierdie keyboards nie.

Anyways. Dis sneeu vandag en dit freak my uit. Wou net vir iemand vertel. Ek het gedog dis as van die fabrieke of 'n moerse trop duiwe wat deur 'n vliegtuig enjin gevlieg het. Maar nee, dis sneeu. En dis warm. Weird.

8 comments:

Anonymous said...

Hi! Stuur vir ons 'n foto van die sneeu toe asseblief! Dan stuur ek vir jou 'n foto van hoopvolle fools wat dink die afrikaner nasie kan 'n leier kry om hulle weer onregmatige "base" te maak. Ha ha! (dink die sneeu foto sal meer interesant wees).
van die patetiese patriot.;
Ha Ha

Die Gatvol Roofkyker said...

Die Afrikaner HET weer n' leier: Genraal De la Rey. Hy's net effe dood op die oomblik maar ons sal iewers, somewhere, n' plan maak.

Ek het nog nooit sneeu in lewende lyf gesien nie. Is dit die moeite werd?

Kan mens dit net so van die grond af op tel en in jou dop gooi?

Cacophony said...

ek wens dit wil vokken sneeu of reën of net kouer word in hierdie land van uiterstes.

dis al weer vandag in die 30s en dit lyk net nie of dit ooit weer gaan koud word nie, wat nie werklik so is nie, want die bome en gras begin klaar verkleur.

dit kan ook dalk wees omdat dit baie droog is en die son verbrand alles, including ons. ek lyk soos 'n slang wat vervel. yuk want dit itch 'n kakskoot.

love ya
w :)

sojourner incognito said...

Die moeite werd?

Ek sal nie 10 ure vlieg net om sneeu te check nie.. dit sal sommer simpel wees. Maar dis cool yeah, ek diggit.

Vandag - selfde storie. Dis nou jammer ek't nie die kamera skool toe gebring nie. Maar dit lyk pragtig so met die cedar bome en die wit vlokkies wat in die wind daarom maal. Soos 'n sprokie wat smelt voor dit insink.

Jakkals trou met wolf se vrou. En hulle word gelooi met die konfetti.

if_i_were said...

Ek het eenkeer sneeu gesien. In Welkom, in die Vrystaat. Imagine dit.

partieweirdo said...

Eks mal oor sneeu. ek imagine net hierdie wit wonderland met berge en pieke en sneew-covered bome en jy in 'n ys pakkie - 'n pinke.

sojourner incognito said...

Jy insult my style dude.
'n Pienk sneeupakkie? Like, 80's aerobics style met fur om die kappie?
No ways china.

(In any ways.. dis nie sulke sneeu hier nie. Like, dit le nie dik oppie bome nie. Dit smelt voor dit die grond tref)

Cacophony said...

moes net 'n comment los want die word verification is saroo. what a random way to put letters together.
dis so cool om te post en comment in afrikaans, want dit laat jou werklik besef, jy praat 'n taal wat nie almal verstaan nie. wê - wê.
tot laters
w:)
ps: marilu in 'n pienk sneeu pakkie. fuck imagine. he he