Wednesday, November 01, 2006

Putting the 'exclude' in 'exclusivity'

Drie maande het verbygegaan. Die Honeymoon is verby. Met die dalende temperatuur kom die harde realiteit dat jy heavy ver weg van die huis is. Daar is nerens om jou wonde te gaan lek nie. Niks is bekend nie - nie die kos, die mentaliteit, die taal, die tv programme, die mode, niks herhinner jou aan wat jy ken nie. Winter voel groot en koud, en wag om die draai soos 'n Hatfield mugger.

Snaaks genoeg kan ek twee definitiewe oomblikke onthou in die afgelope 24 uur wat alles grys gekleur het.
1) Ek het met 'n skok besef dat niemand ooit vir my sal kom kuier nie. Nie sonder 'n kar nie. Bitter min mense gaan ooit Niimi toe, want hier's niks nie. En van Niimi af vat dit 30 minute met 'n fiets om by my uit te kom. Hierdie is seclusion soos jy nie kan imagine nie.
2) Ek het wakker geword uit 'n Suid Afrika droom, waar ek omring was met mense wat baie vir my beteken. Ek het met my oe toe gele en na 'n kriek buite geluister, en was convinced dat ek op my bed in Sasolburg was, onder die quilt wat my ma gemaak het. Totdat ek besef het ek le in Japan. Om halfpad om die wereld te travel in 0.4 sekondes is bliksems vinnig. En die landing is nogal seer.

So, vasgevang in bad habits en pointless existence het 'n week van introspeksie stadig in my kop in gesyfer. Bastian Balthazar Bux se kamer met 'n duisend deure en 'n goeie dose Dandy Warhols het dit verder gevat. En so het ek in 'n dromerige niksheid rondgeloop met vraagtekens om my gesig vir te lank. Tot 5de periode.

Shouji. Skoonmaaktyd. Almal gryp besems en lappe, en vee vloere en was tafels. Daar's nie iets soos faktotums in Japanese skole nie. Ek en die secretary doen ons eie dinge in stilte, totdat ek vir haar in Japanees vra waar ek 'n vuilgoedsak kan kry. 'n Stadige conversation ensue, oor my heritage, Hollands en Engels, maar my oe is seer van kanji oefen, en my kop is seer van Japanees luister.

Sy vat my na my tafel toe, en bring 'n klein boekie na my toe. Die titel is iets soos "Some days are blue". Elke bladsy het 'n standaar cute animal foto in swart en wit, met 'n sinnetjie in hiragana/katakana/kanji geskryf, en 'n Engelse translation onder dit. Sy lees die Japanees. Ek lees die Engels. En ek is oortuig dat die sekretaresse 'n engel is.

Hierdie simpel boekie cruise bladsy vir bladsy deur elke ding wat my gepla het. Partykeer voel dit asof jou lewe geen doel het nie. Partykeer voel jy oorweldig. Partykeer voel jy klein en insignificant. Partykeer weet jy nie waarom jy doen wat jy doen nie. Maar moenie moed verloor nie. Onthou wie jy is. Aanvaar elke uitdaging, en aanvaar verantwoordelikheid vir jou besluite. Niks is te groot nie. Niks is onmoontlik nie.

Na die tyd wil ek vir haar se "jy verstaan nie hoeveel hierdie vandag vir my beteken het nie, in alle eenvoudigheid", maar ek het nie die woordeskat om dit te doen nie. So ek arigatou, ek domo arigato, en sy smile, knik haar kop, en se vir my ek kan huistoe gaan. En oppad terug notice ek alles wat ek begin mis het - die sonlig op die water, die rooi shrine hek in die bosse weggesteek, die maan wat in die daglig soveel groter as in SA is..

Maybe is hemel op die platteland. Maybe is daar engele.

2 comments:

Anonymous said...

Goeie dag, dame. Ek hou daarvan as jy in afrikaans skryf, dit laat my spesiaal en eksklusief voel dat jy uiting aan jou verlange in afrikaans bewoord. Hey, Hatfield het sekuriteits kamera's in al die strate laat opsit. Dis so sterk dat jy kan in zoom op mense se swart koppies wat in kerk straat loop...so die Hatfield muggers het nou almal Brooklyn toe getrek, en nou shop my shoppers (amper) in vrede. Ek hoop jy kry hierdie, laas wou my comments net nie fokken verskyn nie. tot later mater, uit die pers pretoria. dan.

Dylan said...

With all the frustrations of learning Japanese, dis so mooi om n heel bladsy van n tweede taal te lees en amper de hele ding te verstaan. There's still hope! Beautiful post, it made me a bit homesick, and I know the feeling of travelling halfway around the world in 0.4 seconds.